Ds. A. W. C. Bester
Vredendal Wes
30 Januarie 1977
Onderwerp: Nie verlore
Lees: Lukas 15 verse 25 tot 32
Teks: Lukas 15 vers 31
Sing: Psalm 36 vers 3
Gesang 62 vers 6
“Die opskrifte bo-aan Lukas 15 lees: ‘Gelykenisse van die afgedwaalde skaap en die verlore penning’ en die ‘Gelykenis van die verlore seun’. Oppervlakkig beskou, lyk dit asof dit hier gaan oor die hartseerboodskap van verlorenheid. En tog, Broers en Susters, as ons dit van naderby beskou, vind ons dat die gelykenis maar net begin met wat verlore raak, maar elke maal eindig met blydskap omdat dit wat verlore was, gevind en gered is. Die kern van die boodskappe in hierdie gelykenisse gaan oor God se soekende liefde vir die sondaar. Jesus wil in hierdie gelykenis vir die leser kom sê: God is liefde.
“Lukas 15 eindig nie op ʼn tragiese nood nie. Die oudste seun het wel kwaad en alleen buite gestaan. Sy hooghartige houding en koppige gesindheid was wel deeglik ʼn tragedie. Maar die blye boodskap waarmee die hoofstuk afsluit, is juis dat die Vader die oudste seun gesmeek het om binne te kom.
“God het elke sondaar lief. God wil sy kinders in sy feeskraal hê: Elke verlore seun wat weggeloop het om in die vêr land van sonde en losbandigheid te lewe; en elke verlore seun wat agter ʼn vermomming van vormgodsdiens in die vêr land van skynheiligheid lewe.
“Jesus Christus se woorde in Lukas 15 vers 31 bevat een van die raakste beskrywings in die hele Bybel van die volle heerlikheid van Christenwees: ‘Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue.’ Jesus Christus wil vir ons hier kom sê hoe ryk ʼn Christen werklik is. Om ʼn Christen te wees, is om kind te wees van ʼn wonderlike Vader.
“Christene kan soms so armoedig lewe. Baie dink om Christen te wees, beteken om volgens ʼn stel reëls te lewe. ʼn Versuurde lewe van uiterlike wettiesheid en lastige pligpleging wat jou van alle plesier ontneem. Die jongste seun van die gelykenis het ook so gedink. Daarom het hy, op soek na geluk, weggeloop van sy Vader. Ook die oudste seun het so gedink. Daarom het hy soos ʼn slaaf vir sy Vader gewerk, met ʼn hart vol verwyt en ʼn hunkering om saam met sy vriende vrolik te wees wanneer sy Vader nie by was nie. Alhoewel hy nie weggeloop het nie, was sy hart ook in die vêr land.
“Om ʼn Christen te wees, is nie om slaafs gebod op gebod en reël op reël na te kom nie. Toe die verlore seun met sy terugkoms gesê het: ‘Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie’, het sy Vader hom getroos met: ‘Kind, jy is altyd by my’.
“God wil vir u ʼn Vader wees. Om ʼn Christen te wees, is om God se kind te wees in ʼn innige, persoonlike en liefdevolle verhouding. As u dit nog nie verstaan nie, het u nog nooit werklik na die boodskap van die Bybel geluister nie. Die Bybel sê: ‘Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus’. (Gal 3:26) God is die wonderlikste Vader wat daar is.
“Baie mense het ʼn verwronge beeld van wat ʼn Vader werklik is. Soos ʼn seuntjie wie se Vader nooit tuis is as hy hom nodig het nie. Hierteenoor teken Lukas 15 vir ons die beeld van wat ons Hemelse Vader vir ons wil wees. Hy is die Vader wat die verlore seun vêr sien aankom, hom tegemoet hardloop, hom omhels en hartlik soen. Hy is ʼn Vader wat sonde nie net vergewe nie, maar vergeet. Om ʼn Christen te wees, is om só ʼn Vader se eie kind te wees. Derhalwe is jou Godsdiens vir jou geen las nie, maar ʼn lus.
“Om ʼn Christen te wees, is om altyd by God te wees: ‘Kind, jy is altyd by my’. As jy besef dat God jou Vader is en jy altyddeur by Hom is, is die aarde vir ʼn mens die voorportaal tot die hemel. Dit het Jakob geleer toe hy in die donker van die nag eensaam en alleen by Bet-el geslaap het. In daardie nag van eensaamheid, al vlugtende, het God na hom gekom. Toe hy die môre wakker word, het hy uitgeroep: ‘Waarlik, die HERE is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie.’ (Gen 28:16) As ons as Christene maar altyd onder hierdie besef wil lewe, sal daar geen plek vir kommer en vrees wees nie. Dan weet jy: Ek is altyddeur by my Vader en my Vader is altyddeur by my. Dan kan elke kind van God vanaand soos Asaf sê: ‘Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat. U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem.’ (Ps 73:23,24)
“As dít waar is van ons lewens, kan selfs die grootste beproewing ons nie breek nie. Want die Vader roep ons toe: ‘Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere - hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. Want Ek is die HERE, jou God’. (Jes 43:1-3)
“Dan hou selfs die dood nie meer vir my ʼn verskrikking in nie: ‘Al gaan ek ook in ʼn dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. (Ps 23:4)
“Om ʼn Christen te wees, is om te roem: ‘Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.’(Rom 8:38-39)
“Die kind van God hoef nie vir die grootste taak terug te deins nie, want hy roep met reg uit: ‘Want met U loop ek ʼn bende storm, en met my God spring ek oor ʼn muur.’ (Ps 18:30)
“Waarom leef ons as Christene asof hierdie jubelende besef nie ons deel is nie? Ons moet die antwoord soek in ons kleingeloof, ons verwaarloosde omgang met God in ons binnekamer en ons ongehoorsaamheid wat skeiding bring tussen ons en God.
“Om ʼn Christen te wees is om erfgenaam te wees van God: ‘Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joune.’ Dit was letterlik waar vir die oudste seun in die gelykenis. Twee derdes van sy vader se besittings was syne. Hy kon ryk gewees het, maar hy was ontsettend arm, omdat hy sy Vader verwyt het: ‘Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit ʼn bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie.’ (Luk 15:29) Desnieteenstaande het die Vader ook vir hom gesê: Die wonderwerk wat met jou broer gebeur het, kan en moet ook in jou lewe gebeur.
“Om ʼn Christen te wees, is om erfgenaam van God te wees. Die Bybel sê dit duidelik: ‘Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus’. (Rom 8:16,17)
“En hoe word ʼn mens ʼn Christen? Om gered te word, is om deur God gevind te word: ‘… hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.’ (Luk 15:32)
“Niemand wat dood is, kan uit eie krag weer lewendig word nie. Geen sondaar kan homself red nie. Alleen Jesus kan. En Hy wil. Hy het aan die kruis gesterf sodat ons kan lewe.
“Ons kry die lewe deur in Hom te glo. Redding is om deur Hom gevind te word.
“Amen.”
Die Afrikaanse preke is transkripsies van die preeknotas van wyle ds. A. W. C. Bester, ʼn voormalige predikant in die ou NG Kerk - wat die Moederkerk van Suid-Afrika was.
Hierdie preke kan met vrymoedigheid gekopieer en versprei word.
Dominee Bester se preek hierbo, saam met voorheen geplaasde preke, verskyn hieronder in ʼn pdf formaat wat makliker lees op selfone.
Nog ʼn leraar wat die SACN sonder voorbehoud aanbeveel is dr. Charles Stanley. Sy daaglikse boodskappe in Engels verskyn op die webwerf: www.intouch.org
Gelowiges wat waarde in hierdie preke vind, moet daarteen waak dat dit hulle nie weerhou van ware Christenkerke en gemeenskap met heiliges in hulle gemeenskappe nie.
Ons beoog om elke tweede week ʼn nuwe preek te plaas, alhoewel dit nie altyd moontlik is nie.
Preke in pdf formaat:
Adobe Acrobat document [83.0 KB]
Adobe Acrobat document [88.0 KB]
Adobe Acrobat document [90.9 KB]
Adobe Acrobat document [81.9 KB]
Adobe Acrobat document [97.9 KB]
Adobe Acrobat document [99.2 KB]
Adobe Acrobat document [85.1 KB]
Adobe Acrobat document [90.7 KB]
Adobe Acrobat document [84.0 KB]
Adobe Acrobat document [81.5 KB]
Adobe Acrobat document [80.7 KB]
Adobe Acrobat document [95.7 KB]
Adobe Acrobat document [100.5 KB]
Adobe Acrobat document [87.6 KB]
Adobe Acrobat document [85.9 KB]
Adobe Acrobat document [93.8 KB]
Adobe Acrobat document [90.3 KB]
Adobe Acrobat document [85.8 KB]
Adobe Acrobat document [91.8 KB]
Adobe Acrobat document [124.4 KB]
Adobe Acrobat document [91.4 KB]
Adobe Acrobat document [169.2 KB]
Adobe Acrobat document [88.3 KB]
Adobe Acrobat document [137.0 KB]
Adobe Acrobat document [82.1 KB]
Adobe Acrobat document [116.8 KB]
Adobe Acrobat document [101.7 KB]
Adobe Acrobat document [86.8 KB]
Adobe Acrobat document [82.6 KB]
Adobe Acrobat document [78.2 KB]
Adobe Acrobat document [85.9 KB]
Adobe Acrobat document [83.3 KB]
Adobe Acrobat document [150.7 KB]
Adobe Acrobat document [87.1 KB]
Adobe Acrobat document [85.3 KB]
Adobe Acrobat document [109.3 KB]
Adobe Acrobat document [109.9 KB]
Adobe Acrobat document [84.4 KB]
Adobe Acrobat document [86.1 KB]
Adobe Acrobat document [120.4 KB]
Adobe Acrobat document [90.9 KB]
Adobe Acrobat document [83.7 KB]
Adobe Acrobat document [81.7 KB]
Adobe Acrobat document [240.6 KB]
Adobe Acrobat document [149.9 KB]
Adobe Acrobat document [145.5 KB]
Adobe Acrobat document [241.0 KB]
Adobe Acrobat document [150.7 KB]
Adobe Acrobat document [153.4 KB]
Adobe Acrobat document [247.8 KB]
Adobe Acrobat document [149.4 KB]
Adobe Acrobat document [151.0 KB]
Adobe Acrobat document [149.8 KB]
Adobe Acrobat document [240.8 KB]
Adobe Acrobat document [149.3 KB]
Adobe Acrobat document [151.4 KB]
Adobe Acrobat document [149.3 KB]
Adobe Acrobat document [150.9 KB]
Adobe Acrobat document [148.5 KB]
Adobe Acrobat document [237.3 KB]
Adobe Acrobat document [157.7 KB]
Adobe Acrobat document [153.2 KB]
Adobe Acrobat document [145.8 KB]
Adobe Acrobat document [156.3 KB]
Adobe Acrobat document [152.3 KB]
Adobe Acrobat document [151.0 KB]
Adobe Acrobat document [152.9 KB]
Adobe Acrobat document [149.2 KB]
Adobe Acrobat document [153.0 KB]
Adobe Acrobat document [245.6 KB]
Adobe Acrobat document [226.8 KB]
Adobe Acrobat document [149.3 KB]
Adobe Acrobat document [153.6 KB]
Adobe Acrobat document [329.7 KB]
Adobe Acrobat document [239.8 KB]
Adobe Acrobat document [242.6 KB]
Adobe Acrobat document [144.7 KB]
Adobe Acrobat document [152.5 KB]
Adobe Acrobat document [231.7 KB]
Adobe Acrobat document [144.4 KB]
Adobe Acrobat document [156.6 KB]
Adobe Acrobat document [242.7 KB]
Adobe Acrobat document [158.6 KB]
Adobe Acrobat document [236.0 KB]
Adobe Acrobat document [146.8 KB]
Adobe Acrobat document [159.5 KB]
Adobe Acrobat document [181.2 KB]
Adobe Acrobat document [152.7 KB]
Adobe Acrobat document [238.8 KB]
Adobe Acrobat document [153.8 KB]
Adobe Acrobat document [144.9 KB]
Adobe Acrobat document [149.3 KB]
Adobe Acrobat document [145.3 KB]
Adobe Acrobat document [148.6 KB]
Adobe Acrobat document [228.2 KB]
Adobe Acrobat document [144.7 KB]
Adobe Acrobat document [150.7 KB]
Adobe Acrobat document [152.8 KB]
Adobe Acrobat document [358.1 KB]
Adobe Acrobat document [154.8 KB]
Adobe Acrobat document [160.7 KB]
Adobe Acrobat document [141.4 KB]
Adobe Acrobat document [154.2 KB]
Adobe Acrobat document [255.7 KB]
Adobe Acrobat document [149.1 KB]
Adobe Acrobat document [142.7 KB]
Adobe Acrobat document [148.9 KB]
Adobe Acrobat document [139.6 KB]
Adobe Acrobat document [145.7 KB]
Adobe Acrobat document [154.6 KB]
Adobe Acrobat document [148.4 KB]
Adobe Acrobat document [245.0 KB]
Adobe Acrobat document [148.4 KB]
Adobe Acrobat document [224.9 KB]
Adobe Acrobat document [144.9 KB]